Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...
Mededeelsaamheid
AGTER DIE SKERMS • Zaahirah Shaik Moideen, ’n skrywer van Durban, het in die Magaliesbergse Castle Gorge ’n yskoue poel aangedurf. Lees die storie op bl. 90.
WEG!
BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, ’n e-pos of ’n posduif en sê jou sê.
V & A • Elke maand beantwoord ons kenners lesers se vrae oor voëls, insekte en diere. Stuur jou vrae gerus na 🖰 redakteur@weg.co.za
KYK HIER!
KORTLIKS
Die spookperde van Rooisand • ’n Troppie wildeperde hou al vir meer as 100 jaar in die Botriviermonding. En die kampvegter Leanne Dryburgh hoop om hulle nét so te hou – wíld.
BOEKE EN MUSIEK
Hester Steynberg • Dié fossielfoendi help kinders om die oerdiere van die Karoo te ontdek met haar nuwe boek, Therapsids & Dinosaurs of Southern Africa (illustrasies deur Yolandi van Zyl en Anne Chalmers).
’n Kaktus sonder skop • Op ’n rugsakreis deur Bolivië kry Nick Dall met kleurryke karakters en seremonies te doen. Maar selfs sonder dié insidente sorg die landskappe en kultuur – of is dit dalk die tekort aan suurstof! – vir ’n onvergeetlike ervaring.
Waar die berge met jou toor • Na elke besoek aan Lesotho wonder ’n mens: Hoekom kom ek nie meer gereeld nie? Dis toeganklik met netjiese paaie, en wat jy in dié bergkoninkryk sien en beleef, bestaan op geen ander plek op aarde nie.
Waar die oerberge roep • Die Magaliesberg met haar koel klowe en helder rotspoele is skaars ’n uur en ’n half se ry van Johannesburg en Pretoria af. En as jy klaar gestap is, kan jy aansit vir ’n boetiekbier- of donkiemelkproe. Hier’s jou gids vir ’n welverdiende afsaalnaweek.
Blomme is ’n bonus • ’n Mens kan nie vir die natuur voorsê nie. Ook nie in Namakwaland nie. Die blomme luister nie na kalenders en horlosies nie. Raak dus rustig, ry ’n agterpad en waardeer die landskap en die mense.
MENSE SE LENSE • Hierdie is júlle fotoblaaie – stuur vandag nog jou beste foto’s vir Toast Coetzer; dalk bespreek hy een van jou meesterstukke! Stuur elke maand jou jou drie beste foto’s na 🖰 menseselense@weg.co.za.
Uit ’n ongewone hoek
Een pot, hope lekkerte • ’n Heerlike gereg met min skottelgoed is altyd ’n wenkombinasie!
Dís nou ’n wa! • Dit lyk al meer asof groot gesinswaens ’n tweede asem gekry het, en die nuwe Mercedes-Benz Vito Select is alles wat só ’n minibus moet wees.
Die Duster word gepoets • In ’n mark wat versadig word deur middelslag-sportnutsvoertuie, moet die meer afgewerkte maar effe onseker Renault Duster probeer voortbou op die uitstekende reputasie van sy 4x4-voorganger.
Bly warm van kop tot toon • Enige goeie sjef weet dat ’n mens ’n smullekker gereg skep deur geur laag vir laag te bou, en dieselfde beginsel geld jou klere as jy buite wil baljaar wanneer dit koud is. Jy moet ordentlik aantrek – en dit beteken om aandag te gee aan onder-, middel- en buitenste lae sowel as jou kop, hande en voete.
STAP SAAM CASTLE GORGE, MAGALIESBERG
BLY HIER KAPTEINSKLOOF-GASTEHUIS, BUITE PIKETBERG
Die under kant van die berg • Berge vol roetes vir stappers, fietryers en perderuiters. Waters vir roeiers en hengelaars. En menige kuierplek waar plattelandse hartlikheid jou omvou. Welkom op...